Abrie Smit sing tot eer van die Here alleen!
Abrie het 'n kragtige getuienisbediening en met 'n uitsonderlike talent wat hy beslis nie onder 'n maatemmer verberg nie. Hy is gehoorsaam aan sy Roeping om deur musiek die Evangelie te versprei. Abrie wil graag met jou deel, die blye Nuus van Jesus Christus se verlossing en Sy wonderwerkende krag wat vandag net so aktief is soos altyd. Deur sy eie komposisies en treffende weergawes van bestaande getuienis-musiek, het hy 'n groter repertoire as die meeste ander kunstenaars. Maak 'n verskil aan hulle wat vir jou kosbaar is se lewens en nooi Abrie om jou gaskunstenaar te wees. Jy sal 'n groei in jou lewe ervaar wat so kragtig is dat jy ook net sal wil getuig!
|
Abrie het grootgeword en skool gegaan in Namibie in Otjiwarongo en Windhoek.
Hy het die graad B-Admin (Bedryfsielkunde) aan die Universiteit van Suid Afrika behaal.
Hy is tans woonagtig in Pretoria.
Hy is getroud en het twee seuns wat ook baie musikaal is.
Hoe het Abrie begin sing?
.Abrie het in sy tienerjare "Country musiek en Popmusiek gesing.
Na sy bekering op 21 jarige leeftyd het hy oorgeslaan na gospel musiek en het informeel in die kerk begin gesing.
Abrie het op 39 jarige leeftyd besluit om 'n Christelike laserskyf te maak aangesien daar so min christelike musiek teenoor die sekulere musiek op die rak beskikbaar is.
|
Sy eerste laserskyf getiteld "Kruispad" het in 2000 die lig gesien. Sy tweede laserskyf getiteld "Dink aan jou Skepper" het die volgende jaar die lig gesien wat veral ingestel was op die jeug. Hierdie laserskyf is ook deur die platemaatskappy Brettian aanvaar, maar kon a.g.v. 'n begrotingstekort nie op die rak verskyn nie, maar is baie gewild.
Die jaar daarna 2002 het die laserskyf "Daarom wil ek sing" die lig gesien.
Abrie het in 2003 in Namibie gaan toer waar hy verskeie sangoptredes gedoen het. Die radiostasie Kanaal 7 het hom radiodekking gegee en saai nog steeds sy CD's uit.
|
Dit was 'n baie suksesvolle sangtoer met goeie blootstelling in kerke en winkelsentrums.
Sy jongste album "Wees geseënd in die Here" het so pas uitgekom waarop daar twee van sy eie komposisies is.
Abrie tree gereeld op by kerke, liefdadigheidsorganisasies en winkelsentrums op en het ook al saam met Cathy Viljoen opgtree.
Abrie het ook al by Gospelfeeste opgetree waar Jan De Wet, Lisbe Visser en Willie Joubert opgetree het.
Hy tree amper elke Saterdag en Sondag op en beplan om D.V. weer in Desember na Namibie te toer.
|
Sy nuwe komposisies is: Daarom wil ek sing
Wees geseend in die Here
Do not Fear
| Doelstelling: Die verkondiging van die evangelie d.m.v. sang en musiek en om Sy Naam te bely en te verheerlik op aarde.
|
| Maak seker jy bespreek vir Abrie of skaf minstens sy produksies aan. Dit beloof om 'n reuse verskil in jou lewe te maak.
| Doen navraag oor Abrie en sy optredes sowel as sy albums by navrae@vuurvlieg.co.za
| | | | |
|