| Kringfluit! | Gary Forwood Jacques Pienaar |
|---|
|
Kieskaart Tuisblad Wie is Kringfluit Meer oor Gary Meer oor Jacques Kyk ons kiekies... Kringfluit se amptelike blad Webskakels |
Gary Forwood laat kook die verhoog Gary Forwood klim toe mos op die verhoog. En die kniegies word die ene jellie. Gary het die gawe om, nog voor hy 'n enkele noot gesing het, sy gehoor se volle aandag te kry. Dan val hy weg. Sy stem wat elke noot raakvat, elke emosie vaspen. Sy uiteenlopende repertoire verstom elke luisteraar. Gary kan jou laat dans, jou laat huil, jou laat verlang, jou laat agteroorsit. Hy kan jou vir 'n volstel van vier ure aan jou sitplek vasgeplak hou. Dan het hy nog 'n reuse arsenaal oor vir die encore, wat hy elke keer kry, oor en oor. As Gary van die verhoog afstap, is daar 'n opvallende teleurstelling. Gary stel 'n besondere uitdaging aan enige kunstenaar wat ongelukkig genoeg is om na hom op die verhoog te moet gaan. Dit is nie maklik om met sy veelsydigheid, sy eerlike interaksie met die gehoor en sy musikale perfeksie mee te ding nie. Gary se album, Geraamtes, is nou beskikbaar. 'n Moet vir jou CD rak. Klik hier om navraag te doen en so weer nuwe karakter aan jou CD versameling te verleen. |
|---|
|
|
|
|
|---|