| Rea le Roux se album: Rowwe Diamant | |
| |
|---|
Na ‘n volle twee jaar se navorsing, skryf van nuwe liedjies en eindelose opnames, het REA LE ROUX sopas haar tweede solo-album genaamd “Rowwe Diamant” vrygestel. |
|---|
‘n Baie moderne en vars weergawe van “Blouberg se strand…” is met spesifieke redes op hierdie album opgedra aan Bill Flynn. Met haar nuwe album nooi sy haar luisteraars uit om saam met haar te lag, huil, dans, laf te wees en vanselfsprekend die lewe saam met haar te geniet. Hierdie album het ietsie vir almal, veral ‘n gehoor wat hou van lekker moderne dans klanke. Die album, daargestel onder die wakende oog van Ian Vos, het ‘n besliste klank wat getuig van die kunstenaar se bekwaamheid om met haar veelsydige stem uit te blink. Dit bewys die kunstenaar se fenominale groei die afgelope paar jaar in die Afrikaanse Musiek industrie. Die musiek video’s “Rowwe Diamant” en “Boeremeisies Rule” word al vir ‘n geruime tyd gebeeldsend op Kyknet, en is ‘n bewys van die kunstenaar se diversiteit. Sy kan sing, skryf, komponeer en kan enige gehoor vermaak met haar musiek, energie, en spontane verhoogpersoonlikheid. |
|---|
Die album Rowwe Diamant is aamgestel uit vyftien snitte wat jou weer die lekkerkry van musiek sal laat herontdek... Kyk maar net hieronder deur die titellys, en maak seker jy kom blitsig by jou musiekwinkel uit.
1. Ek Mis jou vanaand
2. Boeremeisies rule
3. Rowwe diamant
4. Blouberg se strand
5. Chiquitita
6. Hello hey
7. I kiss your lips
8. Vamos a la playa
9. A shubby little hut
10. Meisie met die kaalvoete
11. Liefde wat aanhou brand
12. Opblaas krokodil
13. Tjoeke tjakke
14. Sit my aan
15. If I told you